Content posted by West End Theatre
New Tuesday Special for May
Enjoy two delicious pizzas of your choice for only R80
"The best pizzas in the Southern Cape" is a phrase that is heard on a frequent basis at the restaurant
Go to Kalahari Restaurant and Theatre home page
“Die Vagina Monoloë is ‘n briljante vertaling en lokalisering van ‘n uitmuntende verhoogstuk.
Van skreeusnaaks tot diepe ontroering en ontnugtering, van Waterkloof tot Mitchells Plein, gee Die Vagina Monoloë met deernis ’n stem aan onse vrouens (en mans!) se diepste vrese en fantasieë. Hierdie wêreldbekende kragtoer spreek tot geheime en onderdrukte gevoelens. Tot wysheid en geluk en hartseer. En ja, natuurlik ook tot seksualiteit, want saam met seksualiteit, kom ook weerloosheid – ʼn lewensaspek wat vrouens èn mans raak.
Die eg Afrikaanse karakters eer vroulike seksualiteit in al haar kompleksiteit en geheimsinnigheid. Soos Antoinette Louw (vervaardiger en vertaler) in Die Burger sê: “Die hele projek is ʼn viering van vrouwees. Baie vroue is alleen omdat hulle vergeet hul geluk hang nie af van ander mense nie. En volronde geluk sluit ook ons seksualiteit in – ’n natuurlike deel van menswees wat onder die mat gevee word. Maar volrondheid kan slegs gebeur as ons, vrouens en mans, ophou om skaam en bang te wees. En die eerste stap is om dit in ons eie taal te eien.”
Kalahari Theatre Restaurant in George
Telephone:
044 874 5000
"Kaleidoskoop is ‘n Afrikaanse musiekgroep wat hul musiek uit ’n positiewe, dog realistiese oogpunt komponeer....’n broodnodige
boodskap van hoop. Met kleurryke harmonieë en skerp poliritmiese akoestiese instrumente neem Kaleidoskoop ’n hele spektrum van
musiekvorme aan. Soos die suggestie in hulle naam weerspieël, laat Kaleidoskoop jou deur hul Afrikaanse musiek anders na die kleure
van liefde, menswees en die lewe kyk...kom kyk saam met hulle deur die Kaleidoskoop!"
Telephone:
044 874 5000
Gedurende alle Super Rugby games DBL Brandewyn en Coke net R9,99
Nou dit is wat mens n 'SPECIAL' noem
Kom geniet n heerlike Burger en Chips by Kalahari Restaurant in George op Maandae en Dinsdae aande van 6-10pm vir net R9,99
en as of dit nie genoeg is nie -
DBL Brandewyn en Coke ook net R9,99
Wie is Koos Kombuis ? Van my geboorte kan ek nie veel onthou nie. Ek weet wel dat dit gebeur het kort voor teetyd op 5 November 1954 in ‘n kraaminrigting in Duiwelspiek, Kaapstad. André le Roux du Toit is ek gedoop, maar op skool reeds het ek die bynaam Koos gekry. My ma was ‘n onderwyseres en my pa toe nog ‘n maatskaplike werker. Daar was nog nie iets soos kleur-TV in Suid-Afrika nie, selfs die alledaagse lewe was swart en wit, nes in die movie "Pleasantville". My vroegste herinneringe is dié van ‘n removal van, of, soos ek dit genoem het, ‘n "treklorrie". My pa het dikwels van werk verander en daarom het ons ook aanhoudend getrek van dorp tot dorp. Terwyl my pa ge-dabble het in obskure goed soos Golden Products en Sanlam, het ek my kinder- en skooljare geslyt in Riversdal, Paarl, Wellington, Kuruman en Bellville. Uiteindelik het ons vasgehaak in Stellenbosch. Skool was vir my baie boring, veral omdat ek myself al op drie leer lees het - van die agterkante van cereal-bokse af. Kytie, ons bediende en my grootste maat, het die leerdery aangejaag deur my elke dag te vra om vir haar die strokiesverhale in Die Burger te verduidelik. My vaardighede was egter beperk tot sekere gebiede. Voor die ouderdom van tien het ek reeds ‘n dosyn romans getik op my pa se Underwoord-tikmasjien, maar ek kon nog steeds nie my eie skoenveters vasmaak nie. My onderwysers het vas geglo ek is baie dom. In ‘n sin was hulle reg, want hoewel ek lief was vir lees en vir musiek, het ek geen ambisie gehad om ‘n akademiese loopbaan te volg nie. Ek was mal oor die army en was daar laas so vet soos ek nou weer is ! Toe al my vriende na 'n jaar in die army Stellenbosch Universiteit toe gaan, het ek begin rondswerf van die een job na die ander. Ek was die meeste van die tyd in Johannesburg. Hierdie jare was baie donker en rigtingloos, maar ek het darem streetwise geword. Ek het my hand aan alles probeer: hoenders braai by Kentucky Fried Chicken, pizzas maak in restaurante, polisse verkoop, brande blus, klerk-speel in die staatsdiens en sulke goed. Ek het vir ‘n ruk selfs my lyf fortuinverteller gehou en vir verveelde huisvroue voorspel wat die geslag van hulle babas sou wees - hierdie beroep het immers ‘n 50% kans op sukses gehad, en ek was meer dikwels reg as verkeerd. In 1976 het ek terug huis toe gegaan om te probeer vrede maak met my ouers, van wie ek toe al lank vervreem was. Ek het my pa-hulle heeltemal gek gemaak, want ek het hulle oral deur die huis gevolg om my nuutste (meestal swak) gedigte hardop vir hulle voor te dra. Hulle het gedoen wat ek ook sou gedoen het met so ‘n kind: hulle het my laat toesluit in die malhuis. Ek was ‘n jaar lank 'n pasiënt in Saal 6, Weskoppies, tussen ‘n klomp drug addicts en skisofrene, voor een van die sielkundiges my ondersoek het en agtergekom het ek makeer niks nie. Tot my groot ontsteltenis het hy my dadelik ontslaan.
Tickets are available at The Kalahari Restaurant & Theatre @ R60p.p
For more info contact (044)874-5000
Elvis Blue is well known for winning the M-net Idols competition in 2010 and then turning over half the price money to runner-up Lloyd Cele.
He has had several hits on the charts already and is continuing to wow audiences with his exceptional performing of live music, using some of the best local musicians to round out his band on stage, insisting on delivering music with depth to audiences across the country.
The Elvis Blue Music Academy was started by Elvis to teach underprivileged children the joy of music in a safe, warm environment and is operating in George.
This Friday Elvis will be returning to his roots as he performs at the Kalahari Restaurant Theatre
Do not miss the opportunity to see this very accomplished musician perform.
Tickets are only R120! The performance starts at 9pm
For more information or to book call 044-874-5000
Navi Redd is an a cappella group with a sting in its tail and its repertoire includes anything from Grease and The Beach Boys to Johnny Clegg and Steve
R110p.p 90min
Helene Bester sing met lewendige begeleiding. Sy word op kitaar begelei, deur Manie Van Niekerk. Van Niekerk het vir 3 jaar, Bok van Blerk begelei en spits hom nou toe op vryskut-werk. Bester sal gunstelinge soos Mansmens van my en Ek wou jou gesoen het sing...
Die program is ‘n uur lank en Bester sing van haar nuwe liedjies, “Deel van my hart” en “Vat die blomme”, wat deur Rudi Claase geskryf is. KAARTJIES: R100p.p Computicket & Theatre 044 874 5000
R100p.p
Bring You're Dancing Shoes And Join Us For The Idols Celebration.
Entry fee - R50 adults
R30 kids under 12
Tickets available at Kalahari Theatre
Contact: Aretha 084 4745 593 / Karen 082 4705 992
Kalahari Theatre
Telephone:
044 874 5000

















