Koos Kombuis By Kalahari Restaurant and Theatre in George

in

Wie is Koos Kombuis ? Van my geboorte kan ek nie veel onthou nie. Ek weet wel dat dit gebeur het kort voor teetyd op 5 November 1954 in ‘n kraaminrigting in Duiwelspiek, Kaapstad. André le Roux du Toit is ek gedoop, maar op skool reeds het ek die bynaam Koos gekry. My ma was ‘n onderwyseres en my pa toe nog ‘n maatskaplike werker. Daar was nog nie iets soos kleur-TV in Suid-Afrika nie, selfs die alledaagse lewe was swart en wit, nes in die movie "Pleasantville". My vroegste herinneringe is dié van ‘n removal van, of, soos ek dit genoem het, ‘n "treklorrie". My pa het dikwels van werk verander en daarom het ons ook aanhoudend getrek van dorp tot dorp. Terwyl my pa ge-dabble het in obskure goed soos Golden Products en Sanlam, het ek my kinder- en skooljare geslyt in Riversdal, Paarl, Wellington, Kuruman en Bellville. Uiteindelik het ons vasgehaak in Stellenbosch. Skool was vir my baie boring, veral omdat ek myself al op drie leer lees het - van die agterkante van cereal-bokse af. Kytie, ons bediende en my grootste maat, het die leerdery aangejaag deur my elke dag te vra om vir haar die strokiesverhale in Die Burger te verduidelik. My vaardighede was egter beperk tot sekere gebiede. Voor die ouderdom van tien het ek reeds ‘n dosyn romans getik op my pa se Underwoord-tikmasjien, maar ek kon nog steeds nie my eie skoenveters vasmaak nie. My onderwysers het vas geglo ek is baie dom. In ‘n sin was hulle reg, want hoewel ek lief was vir lees en vir musiek, het ek geen ambisie gehad om ‘n akademiese loopbaan te volg nie. Ek was mal oor die army en was daar laas so vet soos ek nou weer is ! Toe al my vriende na 'n jaar in die army Stellenbosch Universiteit toe gaan, het ek begin rondswerf van die een job na die ander. Ek was die meeste van die tyd in Johannesburg. Hierdie jare was baie donker en rigtingloos, maar ek het darem streetwise geword. Ek het my hand aan alles probeer: hoenders braai by Kentucky Fried Chicken, pizzas maak in restaurante, polisse verkoop, brande blus, klerk-speel in die staatsdiens en sulke goed. Ek het vir ‘n ruk selfs my lyf fortuinverteller gehou en vir verveelde huisvroue voorspel wat die geslag van hulle babas sou wees - hierdie beroep het immers ‘n 50% kans op sukses gehad, en ek was meer dikwels reg as verkeerd. In 1976 het ek terug huis toe gegaan om te probeer vrede maak met my ouers, van wie ek toe al lank vervreem was. Ek het my pa-hulle heeltemal gek gemaak, want ek het hulle oral deur die huis gevolg om my nuutste (meestal swak) gedigte hardop vir hulle voor te dra. Hulle het gedoen wat ek ook sou gedoen het met so ‘n kind: hulle het my laat toesluit in die malhuis. Ek was ‘n jaar lank 'n pasiënt in Saal 6, Weskoppies, tussen ‘n klomp drug addicts en skisofrene, voor een van die sielkundiges my ondersoek het en agtergekom het ek makeer niks nie. Tot my groot ontsteltenis het hy my dadelik ontslaan.

Tickets are available at The Kalahari Restaurant & Theatre @ R60p.p
For more info contact (044)874-5000

Directions:

Please provide a location where you would like directions from:

From:    To: 
Language: 

Map Directions