KALAHARI Winterbal met Hennie de bruyn en die kitaar kerels

in

Ons stel graag die volgende optredes bekend aan u.

Hennie de bruyn en die kitaar kerels voorsien die musiek by KALAHARI se winterbal, 11 Augustus 2012 om 19:00.

Dit is die ideale glans geleendheid vir enige langarm entosias om die aand saam met ons te geniet. Die koste per kaartjie beloop R120-00 per persoon.

Tydens die geleendheid sal daar ‘n 3-gang maaltyd bedien word.

Hennie de Bruyn en die Kitaarkerels is landwyd bekend met n hele paar cd albums waarvan 5 albums en dvd alreeds goue status bereik het en een cd wat reeds platinum status behaal het.

Die Kitaarkerels is amptelik gestig deur Hennie de Bruyn in die jaar 2004 en het alleen reg op die titel.

Min mense het met die verskyning van Hennie de Bruyn & die Kitaarkerels gedink dat hierdie groep so n opskuding gaan veroorsaak.

Hennie de Bruyn & die Kitaarkerels was in 2007 - 2010 een van die jaar se grootste verrassings op die DKNT Top 10 en is ook benoem vir n Huisgenoot Tempo Toekennings sowel as n Vonk Toekenning. Vanjaar is hul reeds weer benoem vir n SAMA Toekenning. Die Kitaarkerels tree landwyd op vir Danse & Alle Funksies.

Die drie manne vorm n perfekte kombinasie met n tradisionele kitaarstyl wat die tonge landwyd aan die praat het.

Besprekings word gedoen by (044) 874 5000 of per e-pos bookings@kalaharitheatre.co.za

Vriendelike Groete
Pieter Botha

Directions:

Please provide a location where you would like directions from:

From:    To: 
Language: 

Map Directions