Content posted by Hartenbos Waterpark
'n Veertienjarige dogter van Mosselbaai, Anje Campbell, het met 'n blink plan na vore gekom om water in groot maat aan die droogtegeteisterde gebiede te verskaf.
Weens omstandighede moet die Hartenbos-waterwurm toemaak en is sowat 300 000 liter water beskikbaar om na die noorde vervoer te word, mits Mosselbaaiers inspring en help.
Dirk Steyn, eienaar van die Waterwurm, berig dat hy besig is met planne om die water te suiwer sodat dit vir menslike gebruik geskik sal wees. Die laaste dag waarop die Waterwurm in bedryf sal wees op die huidige perseel, is 10 Januarie en daarna sal dit op Diasstrand hervestig word.
Steyn en die organiseerders nooi die publiek om teen Donderdag, 14 Januarie, met houers by die Hartenbos Waterwurm in Port Natalstraat op te daag om te help om die water in houers te skep. Enige skoon houers waarin die water veilig vervoer sal kan word, kan ook intussen opgegaar word en op Donderdag by die Waterwurm besorg word.
Tans word nog gesoek na instansies wat die grootmaatvervoer van die water na Bloemfontein kan hanteer, met die gedagte dat die water vandaar na behoeftige gemeenskappe en plase versprei sal word.
Enige besighede en veral vervoerkontrakteurs wat behulpsaam kan wees om die water in grootmaat te versprei, word versoek om met Dirk Steyn by die Hartenbos Waterwurm by 044 695 2083 kontak te maak.
-Mossel Bay Advertiser
Huisgenoot Musiekplaas bied aan
Amfiteater Maanlig-Makietie
Program:
16:00 - 16:30 Jomari Greyling
16:30 - 17:00 Quentin Prinsloo
17:00 - 17:30 Karen Ferreira
17:30 - 18:15 Snotkop
18:15 - 18:45 Cheree
18:45 - 19:15 Willem Botha
19:15 - 20:00 Nadine......
20:00 -20:45 Arno Jordaan
20:45 - 21:30 Eden
21:30 - 22:15 Nicholis Louw
22:15 - 23:00 Bok van Blerk & Orkes
R75 p.p
Kry die volledige Hartenbos Musiekplaasprogram op jou foon by http://m.huisgenoot.com
of besoek hul webtuiste by www.huisgenoot.com




















