Content posted by Cecile
Curro Mosselbaai bied met trots aan "The Night of the Stars" Kultuuraand. Kom geniet die beste Kultuur-items van drama, sang, dans, klavier, viool en die bekende Curro Marimba's.
Datum : 25 November 2016
Tyd : 18h30 vir 19h00
Toegang : R150 pp
Ete ingesluit
Plek : Curro Skoolsaal, Seemeeustraat, Heiderand
Kaartjies beskikbaar by Ria Visagie te Curro of kontak 044-6933488
Curro Mosselbaai vier Fees op Saterdag, 23 April 2016 van 08:00-14:00 by Curro, Seemeeu straat, Heiderand.
'n Groot KARNAVAL met 'n buite-uitsending deur SFM Radio en vele aktiwiteite: Voertuig uitstallings, Perdeskou en ritte (Namakwa stalle), "Funwalk", Model Kompetisie (ACE Models), Crossfit Demonstrasie en kompetisie(Oxigym, Mosselbaai), Brandweer Demonstrasie, Boere- en sportaktiwiteite (Playball), Potjiekos Kompetisie (beoordeling deur Michael Lindt, Elizma Theron(Grobbelaar) en haar man, Nico), Springkastele, Liplekker Kosstalletjies, verskeidenheid ander stalletjies en vele meer. !! Alles by hierdie 5 jaar Fees Karnaval !!
Kom en ontspan en wees deel van hierdie wonderlike Fees van alles en nog wat !
Inskrywings : "Funwalk" (Wanda - 082 080 4142) Potjiekos Kompetisie (Jaco - 083 232 6129) Stalletjies en ander navrae (Cecile - 082 2243 865) Model Kompetisie (Karen - 082 521 8469) Sport en boeresport (Lizette - 082 406 9988) Inligting : Linda / skool 044-6933488
Datum: 16 - 18 Desember 2015
Plek : Mosselbaai-suid NG Kerksaal, h/v 15de en 17de Laan, Mosselbaai
Tyd : Elke dag oop van 08:00-18:00.
Hierdie mark is soos elke jaar 'n paradys van unieke handgemaakte geskenke en produkte teen bekostigbare pryse en nie in winkels te koop nie.
Die Kenani Dienssentrum verkoop heerlike eet- en drinkgoed.
NUUT :- PERDE RITTE, vir oud en jonk, aangebied deur SARITA van die NAMAKWA STALLE.
Kom kuier saam; vryf 'n perd; stap saam of geniet 'n heerlike stappie /rit bo-op 'n perd se rug.
Hierdie is 'n heerlike plattelandse Vakansie-ervaring by die see !!
So bring die familie en vriende en geniet dit saam ; terwyl u Kers-inkopies doen.
Vir stalletjiebesprekings / inligting : Kontak CECILE by 082 2243 865 *
(Hierdie is o.a. 'n paar foto's van die produkte wat by die mark te koop is)
CECILE
082 2243 865





































