Kom lag jouself slap: Toneel Komedie Met Margit Meyer-Rödenbeck. Regisseur: Jurgen Human
Gratis Glasie cherrie en n Top Afrikaanse vertoning vir net R100pp
Dowwe Dolla Dink Diep met Margit Meyer-Rödenbeck en Jurgen Human
West End Teater, George
kontak Natalie 081 296 8990 / natalie@local-info.co.za
Twee boeke van Frederick Nietsche en Siener van Rensburg beland per ongeluk tussen Dolla se versameling Mills & Boon’s wat sy spesiaal vir haar “trip” op die Costa Concordia bymekaar gemaak het. Dolla begin lees terwyl sy wag om aan boord te gaan. “Kennis is mag”, sê Nietshce, maar “Kennis sonder begrip is gevaarlik”… en, soos te verwagte, kry Dolla onmiddelik ‘n uitnodiging van die Kaptein om op die “brug” te kom kuier…
Die res is geskiedenis, maar soos julle weet, Dolla was al op Survivor, en die hele ondervinding laat haar dink..DIEP dink, oor diep dinge soos “alpha-males”, Twitter, “Afrikaanse pop-liedjie lirieke en Nietsche se Relatiwiteits-teorie… of was dit nou Albert s’n?
Boonop is Dolla ook deel van ‘n ongelooflike nuwe mediese deurbraak: Wat meeste wetenskaplikes voorheen as wensdenkery beskou het is nou ‘n werklikheid: Dolla se Pille vir Domgeit… ‘n wonder-produk wat verligting gaan bring vir derduisende mense wat ly aan simptome
soos verwarring, lae selfbeeld, lamheid in die kop en ontoereikende houtwerkpunte.
Ongelukkig is hierdie medikasie op hierdie stadium slegs beskikbaar by Dolla se “lewendige” vertonings, so bespreek nou en neem beheer oor die res van jou lewe.Jy sal medikasie nodig hê, want Dolla filosofeer en voorspel.
Contact :
Natalie 081 296 8990 / natalie@local-info.co.za
West End Teater
044 874 5000
Wie is Dolla?
Margit Meyer-Rodenbeck, kort soos haar van lank is, is die vrou agter Dowwe Dolla. Hierdie is nou 'n mens wat nie weet hoe om stil te sit en for that matter ook nie hoe om stil te bly nie.
Miere in haar gat, is 'n heel gepaste uitdrukking om haar te beskryf of dalk; dinamiet kom in klein pakkies. Hoe dit ook al sy, energie het sy in oorvloed, maar vra jy haar sal sy haarself beskryf as bloot dom-astant.
Astrant is sy wel, te dom kan sy nie wees as 'n mens kyk na haar akademiese agtergrond nie. Margit word gebore op 29 Januarie 1970 in die Paarl. Sy word groot in Durbanville en matrikuleer dan ook daar aan die Hoërskool Durbanville.
In 1988 begin sy met haar drama graad by die Universiteit van Stellenbosch en dis dan ook haar alma mater vir haar honneursgraad (Cum Laude) in 1991 en haar meestergraad in teaterbestuur in 1997.
Nooit sou Margit kon droom dat sy self op die verhoog sou staan nie, haar kop het meer skryf, bestuur en regie se kant toe gestaan, maar nou staan sy haar skoene vierkantig as komediant, seremoniemeester, omroeper, spreker, stemkunstenaar, ensovoorts vol. Tans is sy ook die mede-eienaar van die Boer teater restuarant in Durbanville.
As jy kortliks haar loopbaan wil volg:
In 1992 word Margit aangestel as artistieke bestuurder by die Breughel Gemeenskapsteater in Cloetesville waar sy haar dan ook fokus op kinder- en gemeenskapsteater.
In 1993 stig sy en Eugenie Grobler, Scenario Toneelmaatskappy waar hulle fokus op kinderteater, werkswinkels en kabarette. In die loop van die volgende vyf jaar word talle skole met poppekas- en storieteateraanbiedings besoek.
Van die werk in die volwasse teater sluit in, Stardust, 'n kabaret saam met Trix Pienaar en Eugenie Grobler, daarop volg Rouge waarin dieselfde geselskap die rolle van drie hoere vertolk, daarna volg eenpersoonvertonings soos 1652: Revisie, A Scorpio's Tail en 'n kabaret saam met Pedro Kruger, Blitzkrieg Brecht en die Rokkers. Pedro en Margit se paaie het reeds in 1990 gekruis toe hulle vir die Baxter Teater se Storyspinning Theatre Company gewerk het aan produksies soos Hansel and Gretel, Alice in Xmas Wonderland, Goldilocks and the Three Bears. Geen wonder dat hy dan ook Dowwe Dolla se pianis raak in 1998, bekend as haar doofstom nefie Sarel.
En verder:
In November 1997 begin Margit as "talkshow" aanbieder by Punt Geselsradio waar sy en Johan Prins elke weeksdag tussen middernag en drie uur die naguile entertain. Saam jaar hulle vir tien maande menige luisteraar se bloeddruk op, voor sy na die middagete gleuf skuif en dan tot en met die 14de Februarie 2000 is Margit die agtermiddag gasvrou tussen twee en vier.
Margit het 'n ongelooflike passie vir die radio, maar moes vanweë haar druk program dit eers 'n bietjie agterlaat. Haar gunsteling onderwerpe is beslis, vermaak, humor, aktuele en menslike sake. Sy het ook 'n wonderlike kinderprogram, Pikkiepunt, aangebied waar kinders hul menings kon lug.
Margit se privaat lewe, nou ja, die woord privaat sê dit alles. Sy is baie geheg aan haar familie en vriende en sou sonder die ondersteuning beslis nie kon doen wat sy doen nie. Die res.....privaat.........
- 6264 reads
Send to friend
Directions:
Please provide a location where you would like directions from:
| Map | Directions |
|---|---|
|
|
|










Free Classified Ads for George
Local News for George 
We currently have funds for Financing Real Estate, Project Funding, Bridge Loans, Construction Financing and Ordinary Loans for Company Export/Import Finance.
Here are the area of our funding:
* Bridging loans
* Business Loans
* Personal loan
* Investment loan...
WE SPECIALIZE IN FAST APPROVALS
You can access our Credit/funding facilities from Any location in the world.
Reply for more information about our credit offer via Email: urbansuccessfundings@gmail.com
WhatsApp/ Call: +1 724...
DO YOU NEED AN URGENT LOAN URGENT LOAN IS AVAILABLE NOW CONTACT FOR MORE INFORMATION,BORROWER GETS THEIR LOAN WITHIN 10 BANKING HOURS OF THE DAY, SO CONTACT IF YOU ARE IN NEED OF URGENT LOAN. via email:bullsindia187@gmail.com
Winter Afslag. Ons dak skoonmaak pryse is in die omtrek van R9/m2 en plat oppervlaktes soos inritte, dekke ens. is in die omtrek van R6.40/m2.
If you interested please apply by contact us via email: info.order24hours@aol.com