Hartlamfees ATKV gronde, Hartenbos 3 - 5 Mei 2013

Die Hartlamfees vind vanjaar vir die eerste keer plaas op 3, 4 en 5 Mei 2013 by die ATKVgronde, Hartenbos. Ons beplan om dit ‘n jaarlikse instelling te maak. Die doel van die fees is om bekostigbare vermaak vir die hele gesin te verskaf en om verdienstelike welsynsorganisasies te help. Ons wil in die proses ‘n verskil maak in mense se lewens.

Die inhoud van die fees gaan pret vir die hele gesin wees. Ons gaan antieke uitstallings hê, wat insluit veteraan voertuie en self demonstrasies van items wat aan die jonger geslag onbekend is. Die vreemde stokperdjies, moderne tegnologie en tuiskeppers se vindingrykheid sal nie agterweë gelaat word nie.

Dit is ‘n naweek van ontspan en die huisvrouens hoef nie agter die kospotte te staan nie.

Daar sal heerlike eetgoed wees en selfs iets vir die dors vir veral die manne wat gou dors word. Die plaaslike besighede en boere gaan ons ondersteun deur hul produkte uit te stal en te bemark. Die fees gaan groot opslae maak want Checkers nooi pannekoekbakkers / sters en koffiemakers uit om deel te neem aan kompetisies om te sien wie se eindproduk die aanloklikste en gewildste is. Ons wil u of u kennisse vra om te kom inskryf vir die kompetisie. Ons is daaraan gewoond dat musiek en ander vermaak sinoniem is met ons feeste. Ons gaan die feesgangers beslis nie teleurstel nie.

Ons het top gehalte kunstenaars genooi om deel van die fees te wees.

Ons sal eerdaags die program finaliseer. Dit is ons doelwit om almal te betrek want die sukses van enige fees word bepaal deur die aantal feesgangers. Ons het in die lig daarvan besluit om dit bekostigbaar vir die hele gesin te maak. Ons toegangsfooi is slegs R50 per volwassene en R10 per skoolgaande kind. Help ons om dit onder u vriende en kennisse te propageer.

Dit is ‘n fees uit die gemeenskap vir die gemeenskap

Moenie die geleentheid misloop nie. Dit sal die moeite werd wees.

Mauritz Meyer
083 513 6632
mauritz.meyer@gmail.com

Johan Horn
083 635 3301
hecticb2@polka.co.za

Directions:

Please provide a location where you would like directions from:

From:    To: 
Language: 

Map Directions