Gian Groen @ Barnyard Theatre Mosselbay

9 August - R95/person, children under 12 FREE!

Barnyard Theatre Mosselbay

Doors open at 18:30 and the show starts at 20:00

Gian Groen is die verhoognaam van Gideon Hanekom, gebore in die mid 70’s in die landelike area van Grabouw, in die Wes-Kaap waar hy vandag steeds woonagtig is in sy ou plaashuis met verganklike kunssinnige karakter tussen die oorvloedige vrugteboorde. Sy eie stukkie hemel en inderdaad ook sy stukkie skrywers-paradys.

Op die ouderdom van so omenby 2 jaar kry die kleuter-knaap hy sy heel eerste kitaartjie present en uit staanspoor was dit waar sy voorliefde en vir kitaarspeel indirek begin, benewens die feit dat hy opgroei in ‘n huis met Pa wat Charles Jacobie perfek namaak op sy eie kitaar, Ma wat ‘n geswore orrel junkie is en dan die outentieke platespeler wat die huis gereeldelik met die musiek van Elvis vul.

In sy tienerjare leer Gian se pa hom 3 basiese drukke op sy kitaar sodat hy sy eerste liedjie “Suikerbossie” volmaak kan saamspeel. Min het hy hier besef dat dit die sleutels was van sy fenominale musiek loopbaan in die Afrikaanse musiekbedryf.

Hoekom, weet niemand tot vandag toe nie, maar na sy matriekjaar op Grabouw gaan studeer hy landbou en werk vir paar jaar na sy studies as pluimveeteler in die Swartland. Die hele geswot en gewerkspul is totaal irrelevant in sy lewe , aangesien die jonger Gian Groen veels te verslaaf is aan Rock en Roll om met hoenders te wil boer.

‘n Fenominale deurbraak in Gian Groen se musiek - loopbaan vind plaas toe Laurika Rauch besluit het om Gian se “Vier Seisoene Kind”op te neem. Dit dien as aanspooring tot hoër hoogtes asook die skryf van talle nuwe liedjies wat gereeld voortvloei uit sy kreatiewe pen. Hierna was daar talle versoeke deur bekendes waaronder o.a. Dozi om van Gian se liedjies op te neem.

Van jonks af is hy ‘n groot liefhebber van die werk van die Afrikaanse Punk rocker, pizza sjef, hoenderverkoopsman , boemelaar en songwrigter - André Le Toit of te wel beter bekend as Koos Kombuis. Later ontwikkel hy ook smaak vir die vars klanke in die Afrikaanse musiekmark van Valiant Swart wat as inspirasie dien in Gian se werk.

Musikale invloede in Gian Groen se vroeër sang-loopbaan word derhalwe sterk aangevoer deur Koos Kombuis en Valiant Swart, wat heel prominent hoorbaar was in sy 1e Band genaamd “Spinnekop”

Baie gepas het Gian Groen onlangs na meer as 4 jaar weer ‘n nuwe alum opgeneem, genaamd - “Stiltetyd”

Elkeen wat Gian (die Rocker) nou al vanaf die goeie ou “Spinnekop” dae af volg, is in vir ‘n groot verrassing.

Stiltetyd is totale nuwe klank en genre in die stal van Groen, en in sy eie beleidenis se Gian: “Ek het na my wedervaringe in my eie mensword en stilraaktyd uiteindelik my niche in die Afrikaanse musiekmark gevind…”

Daar is weg gedoen met die bepaalde rockende kitare-klanke en hy fokus nou op ‘n baie meer klavier gedrewe en rustige gevoel in sy nuwe musiek.

Stiltetyd is ‘n rustige 12 snit album gevul met die mooiste ballades. Tien van die snitte is uit Gian se eie pen. Dan is daar ook ‘n Lucas Maree tribute song - “Die tyd stap aan” sowel as ‘n ou invloedryke Valiant Swart song opgeneem wat dien as so tikkie afwisseling op die album.

Die huidige ‘Gian Groen Band’ het ontstaan uit die eertydse “Spinnekop” wat bekendheid verwerf het met songs soos “Tiger & Louise” en “Binneland in”

Van die oorspronklike bandlede het ander geleenthede in die buiteland gaan ontgun, terwyl Gian intussentyd bekendheid as liedjieskrywer verwerf het met songs soos onder andere die b.g. Vier Seisoene Kind.

Ag gevolg van kommersiële redes besluit om stelselmatig weg te doen met die naam ‘Spinnekop.’ In hierdie tyd is ‘GroenKitaar’ opgeneem onder die naam van beide Gian Groen & Spinnekop.

Die eerste soloprojek deur Gian was met die opname van “Met die Maan Gepla” , waar dieselfde sessiemusiekante of te wel bandlede wat op GroenKitaar gespeel het, gebruik is.

Dit alles het ons gebring tot 'n vars nuwe Gian Groen Band wat bestaan uit Robert Mitchley op kitaar, Jeremy Schultze op dromme en Logan Scott op baskitaar en Regard Grobler op die klawers! Hierdie selfde line-up word steeds gehoor op die nuutste album en toer saam met Gian ook voltyds vir optredes op nasionale vlak sowel as in Namibia.

Benewens optredes met sy volle band, doen Gian Groen ook baie gereeld optredes by kleiner intieme kuierplekke waar hy “unplugged” as solo kunstenaar optree, en soms vir afwisseling ‘n kitaarspeler saamnooi na hierdie sessie optredes om hom te begelei.

Vir Gian Groen is dit ‘n nuwe tydvak, nuwe era, ‘n nuwe klank en ‘n nuwe begin in sy musiek loopbaan, en sonder twyfel word aangevoer dat hierdie beskeie en uiters talenvolle sanger, liedjieskrywer en musikant gewis ‘n geswore patriotiese aanwins in ons musiek mark is!

Directions:

Please provide a location where you would like directions from:

From:    To: 
Language: 

Map Directions