Mej Hartenbos Seefront

As jy in Hartenbos is Dinsdag, 22 Desember kom kuier saam met ons voor Suid Kaap FM se ateljee by die uitdunne van die heel eerste Mej Hartenbos Seefront in samewerking met BLOSS Magazine.

Kom help die beoordelaars om die TOP 12 finaliste te kies wat deurgaan na die finaal op 28 Desember.

Ons gaan streng hou by die COVID-19 regulasies en veiligheidsmaatreëls en die nodige beperkings sal geld-
* onthou om jou masker te dra
* staan/sit ver genoeg van mekaar af
* geen drank in openbaar

Druk op die skakel hieronder as jy wil skryf vir Mej Hartenbos Seefront 2020

https://bloss.co.za/miss-hartenbos-seafront-in.../

Sien julle in Hartenbos!